Wiener Zentralfriedhof



Wiener Zentralfriedhof


Ligging

Distrik Simmering
Wene, Oostenryk


Opening

1 November 1874


Oppervlakte

2,5 km² (250 hektaar)



Permanente grafte

330 000


Status

Steeds in gebruik

Die Wiener Zentralfriedhof ("Sentrale Begraafplaas van Wene") is die grootste begraafplaas in die Oostenrykse hoofstad Wene wat as laaste rusplek vir aanhangers van alle gelowe dien. Die dodeakker, een van die grootstes in Europa wat 2,5 km² met 330 000 permanente grafte beslaan, is tegelykertyd 'n parklandskap wat met sy ryk fauna en flora as ontspanningsterrein by hoofstadbewoners en toeriste gewild is. 'n Groot aantal eregrafte vir bekende persoonlikhede en geboue in die Jugendstil maak van die Wiener Zentralfriedhof, wat in 1874 geopen is, een van die mees besoekte besienswaardighede in Wene.[1]

  1. "Friedhöfe Wien: Wiener Zentralfriedhof. Besoek op 2 April 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2017. Besoek op 2 April 2017.

Developed by StudentB